Hawston se Skrik-vir-Niks”-rugbyspan bo

Hawston se Skrik-vir-Niks”-rugbyspan bo

Hawston Rugbyspan het met ‘n sege van 37-22 oor Safcol United van Grabouw seker gemaak dat hy vanjaar die kroon as kampioen van die Nissel Holdings (NH) Overberg-streekskompetisie dra. Die kompetisie bestaan uit die streek se vier beste spanne van die vorige seisoen: Universals Stanford, Hawston, Grabouw en Botrivier/Caledon.

Die uitvoerende burgemeester van Overstrand, raadsheer Archie Klaas, het met sy kenmerkende passie en entoesiasme die Hawston Rugbyspan met hul oorwinning gelukgewens en die span alle voorspoed toegewents met die voorbereidings vir hul volgende wedstryde.

Wyk 8-raadslid en groot rugbyondersteuner, raadsheer Arnie Africa sê dit is ‘n fantastiese gevoel om vir die eerste keer teen Safcol te wen. Die Hawston ‘Skrik-vir-Niks’-span het in hierdie NH-kompetisie al twee keer in die finaal verloor (eerst teen Safcol and daarna teen Caledon). “Om dit op die derde poging te wen, is net ongelooflik – “third time lucky,” het hy bygevoeg. Ook hy het die span se bestuurder, Lionel Willemse, voorsitter Lincoln Johnson en hulpafrigter Mondean Mars, en hul kaptein, Branden Hunter, met die oorwinning gelukgewens.

Kaptein ‘Bin’, wat ook deel is van die Overstrand-munisipaliteit se wetstoepassingseenheid, sê die span het hard aan hul fiksheid en tegniek in die voorseisoen gewerk en begin nou die vrugte van al die harde werk pluk.

“Maar soos ek vir die boys gesê het: ‘Success doesn’t come from what you do occasionally, it comes from what you do consistently’. Die NH-kampioenskap is nou verby, en ons fokus is nou op die groter doel: om die liga te wen en te kwalifiseer vir die Top 12 van hierdie jaar. Om dit te bereik, sal ons nog harder moet werk.”

Hy het bygevoeg dat die eerste liga-wedstryde op 7 Maart afgeskop het, en dat Hawston, dankbaar vir Onse Vader se genade, voortgebou het op die sukses van verlede week deur die Sea Hawks van Arniston met 57–21 te klop.

Previous Debrief sessions scheduled for fires

Mondays – Thursdays 07:45 – 13:00 & 13:30 – 16:30
Fridays 07:45 – 13:00 & 13:30 – 15:15 

Mon – Fri: 07:45 – 13:00 & 13:45 – 16:30
Cashiers: 08:00 -13:00 & 13:45 – 15:00

Website Developed and Maintained: Maxitec Internet Services Copyright © Maxitec Internet Services | All Right Reserved