In anticipation of the outcome of the local government elections which are to take place on 3 August 2016, Overstrand Municipality is gearing up to elect the next generation of ward committees in all 13 wards.
Ward committees are instrumental in ensuring good governance: They speak on behalf of the people whenever Integrated Development Plans and budgets are formulated and must ensure that the citizenry have a say in crucial matters regarding service delivery.
Chaired by the Ward Councillor, a ward committee is comprised of a number of elected members (no more than 10) who represent the interests of organisations/sectors and/or geographically bound residents within that area. Anyone serving on a ward committee must be a registered voter whose name appears on the voters’ role and who is entitled to participate in local elections in that area.
Overstrand’s Unit for Public Participation anticipates that the election of reconstituted ward committees will commence on 15 August and be finalised by 18 August 2016.
Interested parties are advised to check the local press and to keep an eye on municipal notices for detailed information in this regard.
VERKIESING VAN NUWE WYKSKOMITEES
In afwagting op die uitslag van die munisipale verkiesings wat op 3 Augustus 2016 gaan plaasvind, is Munisipaliteit Overstrand reeds besig om voorbereidings te tref vir die verkiesing van die volgende stel wykskomitees in al 13 wyke.
Wykskomitees is ʼn onontbeerlike onderdeel van goeie staatsbestuur: Hulle praat namens die mense wanneer daar oor Geïntegreerde Ontwikkelings-planne en begrotings besin moet word en, sonder wyskomitees, sou burgers nooit ʼn inset kon hê in daardie aspekte wat regtig ʼn impak op dienslewering het nie.
ʼn Wykskomitee bestaan uit ’n getal verkose lede (nie meer as 10 nie) wat, onder aanvoering van die Wyksraadslid, die belange van organisasies/sektore en/of geografies-verbonde inwoners binne daardie gebied verteenwoordig.
Enigeen wat op ’n wykskomitee wil dien, moet ’n geregistreerde kieser wees wie se naam op die kieserslys verskyn en wie, dienooreenkomstig, daartoe geregtig is om deel te hê aan plaaslike verkiesings in daardie gebied.
Overstrand se span aan wie openbare deelname opgedra is, voorsien dat die verkiesing van hersaamgestelde wykskomitees op 15 Augustus ʼn aanvang sal neem en teen 18 Augustus 2016 afgehandel sal wees.
Almal wat belang het by hierdie aangeleentheid word aangeraai om die plaaslike koerante dop te hou sowel as om kennis te neem van munisipale kennisgewings wat gedetailleerde inligting in hierdie verband sal aankondig.